Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soorte "guts"
Soorte "guts" [boodskap #6031] Do, 21 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 21 Mar 1996, Paul van der Merwe wrote:

> DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
> emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
> Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
> traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
> te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
> BREINLOOS!

[geknip]

> Brain Drain? Indien dit slim is om raak te sien dat daar groot fout is en
> dat die getalle oormag net te groot is dan ondergaan die NSA 'n brain drain.
> Nie omdat wel belese profesionele mense en Sakemanne besluit om elders hul
> heenkome te vind nie.

Nee, Paul, daar is baie soorte "guts". Een soort wat Suid-Afrika bitter
nodig het, is die soort wat "wel belese professionele mense en sakemanne"
sal laat besef dis tyd om met 'n bietjie barmhartigheid en baie werk iets
vir die samelewing te gee waaruit hulle soveel voorregte ontvang het; die
soort wat Afrikaners sal laat sluk en wil bewys dat een geslag op sy manier
kan regmaak waar 'n ander geslag drooggemaak het; die soort wat veral
jongmense soos ek, wat niks gedoen het om hulle voorregte te verdien nie,
en bg voorregte heerlik geniet het terwyl hulle medeburgers soms
liederlik gely het, te laat erken: "My people, it is pay-back time".

Ek weet julle ouens, en ander soos julle, het 'n pynlike ervaring agter
die rug (wat ook nooit sal ophou seermaak nie) wat julle met oseane vol
vlugtelinge, bannelinge, uitgewekenes en wandelaars deur die eeue heen
deel, en wat nie benydenswaardig is nie. Niemand neem so 'n besluit
ligtelik nie, en sulke besluite word gewoonlik vir die ontwil van mens se
kinders of geliefdes geneem, om die beste vir hulle te gee. Ek wens julle
alle sterkte toe.

Maar daar is tog 'n soort "guts" wat ons land nodig het, wat nie sal
saamstem dat "die getalle oormag te groot is" en dat die "groot fout" nie
verdien om herstelpogings van die mees bekwame burgers van die land te
geniet nie.

Baai
Frank.
Re: Soorte "guts" [boodskap #6053 is 'n antwoord op boodskap #6031] Vr, 22 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frank Snyckers wrote:

nodig het, is die soort wat "wel belese professionele mense en sakemanne"[/color]
> sal laat besef dis tyd om met 'n bietjie barmhartigheid en baie werk iets
> vir die samelewing te gee waaruit hulle soveel voorregte ontvang het; die
> soort wat Afrikaners sal laat sluk en wil bewys dat een geslag op sy manier
> kan regmaak waar 'n ander geslag drooggemaak het; die soort wat veral
> jongmense soos ek, wat niks gedoen het om hulle voorregte te verdien nie,
> en bg voorregte heerlik geniet het terwyl hulle medeburgers soms
> liederlik gely het, te laat erken: "My people, it is pay-back time".>>

Hiermee stem ek een honderd persent saam.
Dis dalk tyd dat mense op die groep begin vertel van die klein
wonderwerkies wat 'n mens daagliks in Suid-Afrika ondervind as jy
omgee, 'n bietjie nederig word en menslikheid najaag.

Emigreer is seker moeilik. Ek sal nie weet nie. Maar dit is nie op
die meeste mense afgedwing nie. Dit word gewoonlik gedoen uit keuse
met die oog op belonings aan die ander kant.

Daar is niks mee verkeerd nie. Ek respekteer enige mens se keuse om
te emigreer. Maar dit is 'n bietjie vreemd as dit uitgemaak word as 'n
geweldige opoffering. So al asof ons wat hier bly nou moet begin sleg
voel omdat ons nie ook emigreer nie.
Vorige onderwerp: Die Boere wat "weghol"
Volgende onderwerp: Die Afrikaner emigrant: Perpektief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:25:17 MGT 2024